Akademie logo 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nuusflits

Inskrywings vir die Studentesimposium 2010 word ingewag.  Meer hieroor onder Studentesimposium 2010.

 

Hoofkeusebalk

Tuisblad
Die Akademie
Museum
Standpunte
Simposium 2009
Akademiepryse 2010
Poort 2010
Taalsake
Taalberaad referate
Publikasies
Woordeboeke
Vakwoordeboek
Elisabeth Eybersbeurs
Studentesimposium 2010
Geskiedenisberaad
Werkgemeenskappe
Sleng-bekendstelling
Nuus
Draer van 'n Droom
Stichting Neerlandia
Robert Pearce
Tuisblad arrow Stichting Neerlandia
Stichting Neerlandia PDF Druk Epos

Bekendstelling:  Stichting Neerlandia

Na die tweede wêreldoorlog het ‘n aansienlike aantal Nederlandse immigrante hulle in Suid-Afrika en ook in Bloemfontein kom vestig.  Voldoende huisvesting was nie beskikbaar nie.    ‘n Groep Nederlandse bouers het toe die Stichting Neerlandia (SN) in die lewe geroep en ‘n woonstelgebou, Holland-huis, is in 1965 vir hierdie doel opgerig.  Na 25 jaar is die verband afbetaal en het die SN ‘n klein wins begin toon.  Mettertyd het weinig immigrante hulle hier gevestig en die gebou het steeds meer onderhoudskoste geverg.  Omdat die grond waardevol was, is besluit om die gebou te verkoop en die geld te belê.

Die SN is geregistreer as ‘n  nie-winsgewende organisasie en moet 85% van sy jaarlikse inkomste aanwend soos in die konstitusie aangetoon, naamlik:

  • Die uitbouing van kulturele bande tussen SA en Nederland in die breedste sin van die woord.  Dit sluit in ondersteuning met studiebeurse van nagraadse studente in Nederland en Vlaandere of vice versa, navorsingsbesoeke aan die stamland, subsidies van Nederlandse kuns, kunstenaars, opvoerings ens.,  hier of in Nederland, aankoop van Nederlandse literatuur vir biblioteke, ens.
  • Allimentasie vir behoeftige Nederlanders in die Vrystaat
  • Ondersteuning met nasionale rampe wat SA mag tref.

Persone of instansies wat van mening is dat hulle binne hierdie kategorieë val, kan met die sekretaresse van die Raad van Beheer, mev. Ida Meiring, Posbus 29343, Danhof, 9310 (of e-pos:  ) in verbinding tree.  ‘n Aansoekvorm moet voltooi en met die nodige dokumentasie teruggepos word, waarna die Raad van Beheer die aansoek in behandeling sal neem.  Die Raad vergader twee keer per jaar, gedurende April en November en aansoeke moet die sekretaresse betyds bereik.

 

Ontwikkel deur GigaSkills Training vir die Akademie