Akademie logo 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nuusflits

Inskrywings vir die Studentesimposium 2010 word ingewag.  Meer hieroor onder Studentesimposium 2010.

 

Hoofkeusebalk

Tuisblad
Die Akademie
Museum
Standpunte
Simposium 2009
Akademiepryse 2010
Poort 2010
Taalsake
Taalberaad referate
Publikasies
Woordeboeke
Vakwoordeboek
Elisabeth Eybersbeurs
Studentesimposium 2010
Geskiedenisberaad
Werkgemeenskappe
Sleng-bekendstelling
Nuus
Draer van 'n Droom
Stichting Neerlandia
Robert Pearce
Tuisblad arrow Draer van 'n Droom
Draer van 'n Droom PDF Druk Epos

Vervaardig in opdrag van kykNET deur

Cornelius Theunissen en André van den Heever

Die DVD kan by die Akamiekantoor bestel word.  Kontak Marietjie Botha by

Prys:  R50 elk (plus R20 indien dit gepos moet word) 

 

Die Suid-Afrikaanse Akademmie vir Wetenskap en Kuns is in 1909 in Bloemfontein gestig.  'n Hoofoogmerk van die liggaam is die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die kunste asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans.

Sedert sy ontstaan het die Akademie al meer as 1 000 toekennings vir uitnemendheid gemaak.  'n Gesogte toekenning is die Hertzogprys vir Letterkunde.  Die hoogste eerbewys vir natuurwetenskaplike en tegniese prestasie is die goue M.T. Steyn-medalje.  Die Akademie is die uitgewer van twee wetenskaplike tydskrifte, te wete die Tydskrif vir Geesteswetenskappe en die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie.

Draer van 'n Droom skets die ontstaansgeskiedenis van die Akademie en gee 'n oorsig oor prestasies wat oor 'n tydperk van 'n eeu behaal is.  Die geskiedenis van die Akademie is opgeteken in Pieter Kapp se gelyknamige boek wat by die Akademie verkrygbaar is.  Van sy vroegste jare was die Akademie by Afrikaans betrokke.  In 1915 het die eerste Afrikaanse Spelreëls verskyn.  Twee jaar later was dit die Afrikaanse Woordelys en  Spelreëls (die eerste AWS).  Die tiende omvattend herbewerkte uitgawe van die AWS het in 2009 - die eeufeesjaar - verskyn.  Die kantoor van die SA Akademie is gevestig in die statige ou Engelenburghuis in Arcadia, Pretoria.

Kontakbesonderhede: 

Tuisblad:  www.akademie.co.za;  e-posadres:  ;

Tel. 012-328-5082;  faks:  012-328-5091;   Posadres:  Privaat sak X11, Arcadia, 0007.

 

Ontwikkel deur GigaSkills Training vir die Akademie